Friday, November 7, 2008

Plekkie innie son

Ek lewe.
Ekis nie ‘n iets nie.
Ek is nie ‘n niks nie.
Ek is…

‘n mens met pyn,
Gevoelens en hoop.
Drome oor die toekoms,
En gedagtes van vrede.

Maar jy.
Jy kyk neer op my,
Want jy ken my nie.
Jy gee nie om oor wie ek is nie.

Basies sien jy my nie
Eens raak nie.
Maar jy oordeel my.

Gee my ook ‘n kans.
Gun my ‘n lewe.
Gun my ‘n plekkie innie son.

2004.10.01

No comments:

Post a Comment